ONS NEEM AFSKEID

Wanneer mens ‘n afskeidsboodskap moet skryf, veral van mense wat jy leer ken het, en wat op jou kom groei het soos mos, doen jy dit met gemengde gevoelens.  Aan die een kant is dit vir jou ‘n voorreg om dit namens almal te doen, maar hoe kan dit nou ‘n “voorreg” wees om van vriende afskeid te neem.  Aan die een kant wil mens soms briek aan draai maar aan die ander kant staan die lewensgang nie stil nie, en vorm ‘n totsiens deel daarvan net soos ‘n aangename kennis.

Magdalena Cornelia Wilbers

is in 1974 in Boksburg gebore.  As jongste van vier kinders het sy haar Laerskoolloopbaan aan Laerskool Witfield voltooi en het in 1992 gematrikuleer  aan Hoërskool Goudrif.  Sy het daarna ‘n N6-diploma in ‘n Handel rigting aan die Kempton Park Tegniese Kollege verwerf waar sy ook vir Werner Wilbers ontmoet het.  Vir vier jaar het sy verskeie beroepe gevul wat administratief, salarisse en lone en krediteure behels het.  In 1997 is sy en Werner getroud waarna sy die beroepswêreld opsy geskuif het en haar toegespits het op haar moederlike plig teenoor haar seun en dogter.  In 2001 het Kleinfontein se veiligheid en vryheid die gesin soos ‘n magneet aangetrek en is hulle hier gevestig.  Sy hou haar gereeld besig met allerlei naaldwerk o.a. kleremaak wat haar groot gunsteling is.  Vanaf Januarie 2004 is Magda die administratiewe beampte van C.V.O. Kleinfontein en het Johan en Corlia ook deel van die skool geword.

Dit is met spyt dat ons moet aan kondig dat Magda 'n ander betrekking aanvaar het. Ons wens haar alle sterkte toe met die nuwe bertekking.

 

As hierdie persone my sal verskoon, iets nostalgies uit my pen:

 “Ons sê Totsiens” 

Ons sê totsiens, maar nie vaarwel

aan al ons kosbaar vriend en pêl,

want jul sal altyd in ons gedagtes,

bly en opwel –

as ons terstond sal voortstry,

weet ons dat ook elders

ander ryker word

deur jul hand en gees

- want daar sal jul ook besig wees.

 

Jammer om jul te moet verloor

maar du voort na waar nuwe paaie steeds bekoor

moet by Kleinfontein nooit vergeet

maar laat ons nou en dan weer weet

hoe dit gaan

hiervandaan

in voorspoed en in leed.

Adriaan

 

 

Kopiereg © 2004 [CVO Skool Kleinfontein]. Alle regte voorbehou.
Hersien: September, 2006.