ONDERWYSERS

Bestuurshoof

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Adriaan Marthinus Appelgryn:

Is gebore op 22 Desember 1962 te Kimberley.  Sy Laerskoolopleiding ontvang hy deels in Natal, en deels in die Transvaal en Kaapprovinsie.  Die grootste gedeelte van sy Hoërskoolloopbaan is aan Afrikaans Seuns Hoër (Pretoria) en hy matrikuleer aan die Hoërskool Overkruin in 1980.  Hy behaal sy BA & BA Hons in Volkekunde en ‘n sertifikaat in Arbeidsverhoudinge aan UP.  Na hy afgestudeer het in 1990 en na sy weermagopleiding begeef hy hom in die besigheidswêreld waar hy onderskeidelik bestuurder van ‘n pale en grasdakkonstruksiemaatskappy is, vennoot in palebehandelingsaanleg en bosbou-ontginning, direkteur in Botswana maatskappy wat pale en gras verskaf en safarikampe, houthuise en grasdakke oprig.  Vanaf Januarie 2002 is hy bestuurshoof van CVO Kleinfontein.  Belangstellings en stokperdjies is rugsakstap en bergklim, voëls en bome bestudeer, lief vir lees, fietsry en avontuur-toere waar buitengewone en rare plekke besoek word.  Die saak en roeping van die Boerevolk en sy kinders lê hom na aan die hart.

 

 

 

Kopiereg © 2004 [CVO Skool Kleinfontein]. Alle regte voorbehou.
Hersien: September, 2006.