NET VET PRET OPPI NET

Ek bevorder Afrikaans op die Internet en doen dit op die volgende maniere:
Ek stuur elke Dinsdag en Vrydag 'n geselsbrief aan 'n paar duisend persone. Ek
noem dit: Begin jou dag 'n slag met 'n lag. Indien jy 'n voorbeeld wil sien,
gaan na - www.egafrikaans.co.za/voorbeeld.htm
Indien jy dit wil ontvang sonder om 'n voorbeeld te lees, gaan na
http://www.egafrikaans.co.za/add.asp
en die res is baie maklik. Indien jy dit 'n paar keer ontvang het en jy besluit
dat jy nie daarvan hou nie, kan jy jouself van die lys gaan afhaal.
Sommige ouens het toegang tot die Internet, maar kan nie webbladsye besoek nie.
Vir hulle het ons 'n ander manier om aan te sluit. Stuur net 'n E-pos aan my by
D@nie.co.za en vra om op die adreslys geplaas te word. Meld net of die die
gebedsaksie of geselsbrief lys moet wees.
Amper vergeet ek van ons helpmyblad. Ons het 'n webblad waar jy kan gaan raad
vra oor enige saak onder die son en elke Woensdag dan word die afgelope week se
navrae aan almal op die adreslys gestuur en dan begin die pret wanneer almal vir
almal help. Jy moet dit beleef!!
Ons gaan in 2005 ook begin met 'n e-pos wat ons gaan uitstuur waar vakante poste
in beskikbaar gaan wees. Persone sal ook in die genoemde e-pos kan adverteer dat
hulle werk soek.
OooooooooooooooooooO
Op ons Afrikaanse webblad - www.egafrikaans.co.za kan jy die volgende gaan doen:
[1] Enige ding GRATIS adverteer.
[2] Raad vra oor enige onderwerp onder die son.
[3] Ons wenkeblad is 'n moet om by te gaan kuier.
[4] Jy kan selfs die dag se weervoorspelling gaan lees.
[5] Ons het 'n webblad met BAIE resepte wat jy kan gaan aflaai - gratis.
[6] En wat van 'n groetekaartjie aan iemand stuur, dit doen jy sommer ook op ons
webblad.
[7] Ons het 'n boek vir kinders wat een van ons lesers geskyf het. Jy kan dit
gratis gaan aflaai en geniet.
[8] Ons het ook 'n Maatsmakerblad waar enkkellopendes 'n maat of selfs 'n
lewensmaat kan soek EN moontlik kry..
[9] Op 'n baie doeltreffende, maar goedkoop manier jou besigheid in ons
geselsbrief adverteer. Koste op aanvraag beskikbaar.
[10] Ons het 'n gebedsaksie waaraan oor die 4500 Christene elke dag deelneem.
Doen jouself die guns, en gaan kuier op die genoemde webblad. Ek het dit so
ontwerp dat dit baie vinnig aflaai, want daar is nie prentjies en ander strooi
wat die blad stadig maak nie - www.egafrikaans.co.za - die Afrikaanse webblad om
te onthou.
OooooooooooooooooooO
Daar is twee maniere hoe jy by ons kan aansluit. Die maklikste is om na
http://www.egafrikaans.co.za/add.asp
te gaan en die res is so maklik soos die spreekwoordelike - val uit die boom
uit.
Sommige ouens het toegang tot die Internet, maar kan nie webbladsye besoek nie.
Vir hulle het ons 'n ander manier om aan te sluit. Stuur net 'n E-pos aan my by
D@nie.co.za en vra dat ek jou op die adreslys moet plaas. Jy moet net sê of jy
op die gebedsaksie of geselsbrief lys wil kom.
Baie groete,
Danie,
D@nie.co.za
[Daai adres is rêrig]
www.egafrikaans.co.za
[Waar ons Afrikaans praat]
![]()
Kopiereg © 2004 [CVO Skool Kleinfontein]. Alle regte voorbehou.
Hersien: September, 2006.