ONS KINDERS IS KOSBAAR

 

CHRISTELIK-VOLKSEIE SKOOL (CVO)

STAATSBELEID VIR SKOLE

CVO skole is geloofsgedrewe – geanker in die geloof in God drie-enig.  Ouers het sê oor hul kinders se onderrig en opvoeding.

Hierdie onderwysbeleid lê klem op Marxistiese-ideologie waar die staat beheer het oor alles en almal.

‘n Ewigheidsvisie geld waar kinders se geredde siele die belangrikste bepaler is. (Hand 4:12)

Visie word bepaal deur geldende politieke korrektheid. Alle gelowe word in die vak ‘Godsdiensonderrig’ op gelyke voet geplaas.

CVO skole is ‘n verlenging van die verbondsouer se opvoedings- en onderrigverantwoordelikheid.

Beleid is teenstrydig met Bybelse waardes en -norme van Christenouers. Die Christenkind word verwar en ouers se seggenskap oor eie kind word ontneem.

Met ‘n volks- en gemeenskapsbenadering word ‘n liefde vir die skeppingsverskeiden-heid gekoester.

Bybelse gehoorsaamheid word vervang deur “Dit is my reg”. Dit lei tot verval in dissipline en die skep van onregmatige skuldgevoelens oor volkseie kultuur en geskiedenis.

Hoë premie word geplaas op  onderrigstandaard en vakinhoud.  Leerlinge word toekomsgerig voorberei,  met vaardighede en kennis om kreatief in die samelewing hul plek vol te staan.

Onderrigstandaard word in sommige gevalle as te ware deur die kind self bepaal, en sosiale vaardighede word eerder getoets as akademiese kennis.

 

Eie CVO-skole dien die ware belange van u kind en is absoluut noodsaaklik sodat ons volk se Christelike karakter en volkskultuur behou en uitgebou kan word en hoë onderwysstandaarde verseker word.

 

CVO Skool Kleinfontein se beginselgrondslag

 

Algemene inligting oor CVO Kleinfontein

 

 

Kopiereg © 2004 [CVO Skool Kleinfontein]. Alle regte voorbehou.
Hersien: September, 2006.