ONDERWYSERS

Graad 4 tot 7

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maarten Petrus Pretorius is gebore in Oos-Londen op 7 September 1953, waar hy ook met sy laerskoolloopbaan begin.  In 1962 het sy ouers na Alberton verhuis, waar hy sy laerskoolopleiding by die laerskool Genl. Alberts in 1966 voltooi het.  Hy het sy hele hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Alberton ondergaan, waar hy in 1971 gematrikuleer het en 6 vakonderskeidings behaal het.  Hy was leerlingraadslid in st.5 en st.10.  Na voltooiïng van militêre diensplig in 1972, het hy van 1973 tot 1979 by die Randse Afrikaanse Universiteit studeer en die volgende kwalifikasies verwerf:

 

1975 - Verwerf BA-graad met lof.  (Hoofvakke - Geskiedenis en Staatsleer.  Hy ontvang ook by hierdie geleentheid die Transvalerprys vir die student in die Fakulteit lettere en Wysbegeerte wat die beste presteer het.

1976 - verwerf BA - Honneursgraad in geskiedenis met lof.

1977 - verwerf BA - Honneursgraad in Staatsleer.

1978 - verwerf MA - graad in Geskiedenis met lof (Eietydse Europese Geskiedenis)

1979 - Verwerf Nagraadse Hoër Onderwysdiploma (NHOD)

 

Hy was vanaf 1980 tot 1989 as onderwyser aan die Hoërskool Gerrit Maritz verbonde, waar hy Geskiedenis en Bybelonderrig aangebied het.  In 1982 was hy deur die Onderwysdepartement na Unisa gesekondeer waar hy vir ‘n jaar as tydelike lektor in die Geskiedenis Departement werksaam was.

 

Vanaf 1989 tot 1999 was hy as Administratiewe Beampte by twee semi-staatsinstellings werksaam.  In die tydperk was hy ook vir 1½ jaar as eiendomsagent by Irene Groenewald Eiendomme werksaam.

Hy het hom in Julie 1997 op Kleinfontein gevestig en is vanaf Januarie 2003 verbonde aan die personeel van CVO Kleinfontein waar hy Bybelonderrig, Geskiedenis, Aardrykskunde en Gesondheidsopvoeding vir standerds 2 tot 5 onderrig

 

 

Kopiereg © 2004 [CVO Skool Kleinfontein]. Alle regte voorbehou.
Hersien: September, 2006.