Uit die mond van die suigeling
(Alle stukke is onveranderd geplaas)
Van ons graad 1’s het die volgende te sê:
As ek eendag groot is……..
As ek eendag groot is wil ek n Boer word. Ek wil eendag met wilde diere Boer. Ek wil graag met n luislang Boer. Ek wil graag met n renoster Boer. Ek wil graag met n olifant. Ek wil op n plaas Bly.
Ruan
Van ons graad 2’s het die volgende te sê:
As ek eendag groot is……..
Eendag as ek groot is wil ek trou en n familie he, en dan wil ek n perderuiter wees. Ek wil in n kleinerige huisie naby die see woon en ek wil tien katte wat baie goed kan swem.
Alet
Ek gaan n huis bou vir R100. Ek gaan n bouer wees. Ek gaan met n mesiedis trok. My beste vriend is Stepan. Ek wil in die stad bly.
Johann
Eendag as ek groot is wil ek ook n weermagman wees dit gaan moeilik wees net soos my pa hy was ook in die aarme hy was ook getroud maar hy het nog nie kinder gehad nie. Ek wil ook trou maar ek wil met n mysie in die skool trou har naam is Alet
Davon
Engag as ek groot is wil ek n graad 0 juffrou wees by CVO. En wil in n groot huis bly. As ek n mooi man sien wil ek trou. Ek wil n Mercedes ry. Ek wil baie vriende he. Ek wil baie blomme in my tuin he. Ek wil n tweeling seun en dogter he.
Marne
Eendag as ek groot is gaan ek orel speel. Ek wil n fiets ry as ek groot is. En ek wil in n dubel vir dieping huis bly. Ek wil baie graag in Rusland gaan bly. En ek wil in virskilede lande kuier. Ek wil nie n polisie word nie. Ek wil graag trou.
Philna
Eendag as ek groot is wil ek n juffroe word. Ek wil in n dubbelverdieping huis bly. As ek trou wil ek n mooi wit trourok he. Ek wil twee dogters en een seun. Ek wil twee honde he en een kat. Ek wil op ver plekke gaan toer.
Mieke
Van ons graad 3’s het die volgende te sê:
As ek eendag groot is……..
Eendag as ek groot is wil ek n prokureer wees dan ek al die mense se sake afhandel. N Prokureer kry baie geld, dit het ek by my ma Betty gehoor, n prokureer is baie kwaai en nou wil ek ook baie kwaai wees.
Megan
Eendag as ek groot is wil ek n cristelike sangeres word en ook n perd ruiter maar ek gee nie om of ek arm of ryk gaan wees nie maar my grootste wens is dat ek oor see gaan.
Tanya
Eendag as ek groot is wil ek n Cristelike sangeres word en ook n prokureer word. Ek wil britanje, ameerieca en parys toe vlieg. Ek wil in n dubbelverdieping huis bly. Ek wil my eie wiltuin he.
Patricia
Eendag as groot is gaan ek n dieselwerktuigkundige word saam met my neevie.
Hardus
Eendag as ek groot in wil ek by n karwinkel werk en ek sal baie geld maak.
Stephan
Die krikkadelle is lekker
Die dokter het my ma siek gemaak. Nou is sy in die hospitaal
Miné
Juffrou sê: "Moenie in die bod speel nie. Daar is dalk slange of skerpioene."
Wion sê: "Ja juffrou, dan staan die slang ook daar by die boom soos by Adam en Eva."
Wion
Pappa is mos ook in so 'n rok gebore. (gedoop)
Suné
Ek wil een dag 'n huis hê met baie "roke". (koorstene)
Juffrou sê: "Maats, moenie in die klas afblaas nie - dit ruik onaangenaam; gaan eerder uit."
Bonnie sê: "Juffrou, kan ek inkom, ek het klaar uitgeblaas."
Bonnie
![]()
Kopiereg © 2004 [CVO Skool Kleinfontein]. Alle regte voorbehou.
Hersien: September, 2006.